- Mooi Troues (ook bekend as ons) bemark alle kompetisie namens die adverteerder en kan nie verantwoordelik gehou word vir enige eise, navrae en/of die eis van die prys nie.
- Deur in te skryf vir enige kompetisie stem jy saam dat jy deur ons Privaatheidsbeleid en ons Webtuiste Bepalings en Voorwaardes gelees het en dit ten volle verstaan.
- Geen kompetisie inskrywings mag namens iemand anders gemaak word nie.
- Indien jy inskryf vir enige kompetisie op Mooi Troues, stem jy in om ons maandelikse nuusbrief per e-pos te ontvang.
- Ons het die reg om enige inskrywing te verwyder en af te haal indien dit nie voldoen aan die vereistes nie.
- Mooi Troues kan nie verantwoordelik gehou word vir enige tik foute, stelsel foute of enige veranderinge deur die adverteerders nie.
- Die prys kan nie verruil word vir kontant en/of enige ander produkte of dienste nie.
- Die prys is onderhewig aan beskikbaarheid.
- Elke prys het sy eie stel bepalings en voorwaardes wat deur die verskaffer/adverteerder/diensverskaffer bepaal word. Daarvoor sal jy direk in kontak moet kom met die spesifieke verskaffer/adverteerder/diensverskaffer wat die prys weggee. Mooi Troues kan nie verantwoordelik gehou word vir enige bepalings en voorwaardes rakende die prys nie.
- Mooi Troues kan nie verantwoordelik gehou word vir enige eise, insluitende, maar nie beperk tot beserings, diefstal, inbetalings of enige ander insidente wat plaasvind terwyl jy gebruik maak van die prys wat jy gewen het nie.
- Alle addisionele kostes sal vir die leser en/of die kliënt se eie rekening wees.
- Foto’s in die artikel is slegs vir voorbeeld doeleindes. Die prys wat jy mag wen sal nie noodwendig presies dieselfde lyk nie.
- Enige poging om enige van die bepalings en voorwaardes te skend, sal lei tot onmiddellike diskwalifikasie. Dit sal lei tot die herroeping van die prys deur die bemarkers.
- Indien, vir enige rede, die kompetisie nie in staat is om voort te gaan soos beplan nie, insluitend as gevolg van ‘n pandemie, siektes, rampe, natuurlike rampe, onnatuurlike rampe, borge wat verander, borge wat nie meer in besigheid is nie, borge wat onttrek, pryse wat verander, pryse wat nie meer beskikbaar is nie, infeksie deur ‘n rekenaar virus, foute, peuter, ongemagtigde ingryping, bedrog, tegniese onderbrekings of enige ander oorsake buite die beheer van die bemarkers, wat die administrasie, sekuriteit, regverdigheid, integriteit of behoorlike uitvoering van die kompetisie bederf of raak, sal die bemarkers geregtig wees op hul uitsluitlike diskresie om die kompetisie te kanselleer en dit te hervat van die begin af op dieselfde of soortgelyke voorwaardes as hierdie.
- Mooi Troues het die reg om enige bepalings en voorwaardes aan te pas indien nodig.