LAVENDER HILL COUNTRY ESTATE
TROU VENUE & VERBLYF / BETHLEHEM, VRYSTAATGroot groen grasperke, fonteine, rose, lavender en natuurlik die mooiste uitsig oor die uitgestrekte vallei en die Maluti Berge. Dit is waar jou sprokiesverhaal begin..
Kies tussen die pragtige Hillsong Kapel met sy enorme glas vensters of die baie besonderse Birdsong Boskerkie om julle trou aan mekaar te beloof.
Met 4 sale om van te kies, gaan elke saal jou meevoer na ‘n sprokieswêreld. Laat ons koordineerder jul hand vat om te help om jul sprokiesverhaal te bewaarheid.
Lavender Hill bied 28 individuele chalets, elk met sy eie unieke tema, spesiaal vir elke gas om so ook deel te vorm van julle sprokie. Vir jou as bruid is daar die perfekte Mirabelle kamer, waar jy en jou bruidsmeisies kan optof. Vir jou bruidegom is daar die La Lavande kamer wat toegerus is met ‘n buite stoep en ‘n braaier, sodat hy en sy ramme hulle ding kan doen. Natuurlik wag ons Aphrodite wittebrood suite vir julle, wat ‘n spa bad en groot glas vensters het om die mooiste uitsig vir die laaste keer vas te vang.
Die kersie op die koek is natuurlik dat Lavender Hill self onderhoudend is in terme van krag en water.
Hierdie Lavender Hill Familie nooi julle uit om die res van julle lewe saam op hierdie stukkie Hemel op aarde te begin! Ons wag vir jou..
Error: Contact form not found.







KONTAK DIE DIENSVERSKAFFER
Error: Contact form not found.
GEPUBLISEER OP MOOI TROUES
MEER INLIGTING
KLIËNTE RESENSIES
Geen resensies op die oomblik nie.
Error: Contact form not found.